Ons het op ‘n interessante manier ontmoet – vriende het ons aangemoedig om op Tinder te gaan. Nie die plek waar jy dink jy jou ‘forever after’ gaan ontmoet nie. Ons het ‘gematch’, begin gesels en toe vinnig op ‘n eerste ontmoeting besluit.
Diemersdal Wine Estate was waar ons mekaar die eerste keer ontmoet het.
Die ure het verby gegaan en die gesprek het bly vloei – geen ongemaklike stiltes nie. Ons albei het die ‘sparks’ gevoel.
Na ‘n tydjie verby gegaan het, met WhatsApp geselsies en voicenotes, was dit tyd vir die tweede date – ‘n braai saam die pelle. Die tweede date het die ‘sparks’ laat vlam vat.
Na vele avonture, lag en geluk, soms vrees en onsekerheid, maar met geloof en vertroue bevind ons onself weer terug by Diemersdal waar daar tussen die wingerde, die groot vraag ‘sal jy ‘n toekoms saam my deel’ gevra was.
Buffelsfontein Game and Nature Reserve
R27 West Coast Rd
Saterdag, 8 Februarie 2025
17:00
Semi-formeel (maar gemaklik)
Nie nodig vir “suit en tie” – Februarie is warm
As jy nie weet of jou “plus one” genooi is nie, vra asb.
Ons het waarskynlik jou metgesel bygetel (wil nie hê jy moet alleen dans nie)
Alhoewel jou teenwoordigheid vir ons die belangrikste is, indien jy voel jy wil ietsie vir ons gee sal ons ‘n geldjie waardeer (troue hou is duur)
Dis nie ‘n verpligting nie – kom geniet net die dag saam met ons
Daar is slaapplek vir 52 mense op die plaas – maak asb seker jy boek vroegtydig
Daar is ook kampplek vir die avontuurlustige mense
Kontak gerus Hannelie; info@buffelsfontein.co.za
Die naaste dorp is Yzerfontein, 18km vanaf die venu, daar is vele akkommodasie beskikbaar
Vir die wat wil, ons gaan die Vrydagaand by die venu braai, swem en kuier.
Boek akkommodasie vir Vrydag en Saterdag en geniet ‘n lekker wegbreek naweek.
Die Saterdag kan jy lekker rustig by die swembad ontspan en dalk ‘n game drive boek.
Laat weet asb of jy die Vrydagaand saam ons gaan braai, dan kan ons die details vir jou deurstuur.
RSVP vir Vrydagaand teen 24 Januarie
Die troue gaan informeel wees, bring jou dansskoene en energie
Ons gaan lekker saam kuier en die dag saam geniet
Die seremonie gaan buite wees, maak seker jou sonskerm is aan (daar is wel skaduwee voorsien deur die bome)
Ongelukkig kon ons nie al die kinders nooi nie, laat weet asb of daar enige vrae is oor die kids
When a male penguin falls in love with a female penguin, he searches the entire beach to find the perfect pebble to present to her.
R1 100
7 Februarie
R1 100
8 Februarie
R1 600
7 Februarie
R1 600
8 Februarie
Twee gaste in een kamer: R2 300
Vier gaste in twee kamers: R3 000
Wynand & Juanita – 8 Februarie
Datums:
7 Februarie
8 Februarie
R1 200
Slaap twee
R300 per bed
Oop area met 8 enkelbeddens